ePortal

Lees Deur Kleur

R
290.00
By
Marlise Roberts

Download

Type:
wmv
Size:
54.94MB

Die stelsel is gebaseer om op ʼn vroeë ouderdom deur die gebruik van kleur leerders
aan klanke bloot te stel.
Die tweede deel van die stelsel fokus ons om kleur te gebruik vir die vereenvoudiging
van woorde wat dan help met woordbou, spel en leesvlotheid.

Kleur help met die vaslegging van klanke,
 Verbeter leesbaarheid
 Trek die aandag
 Verbeter klankherkennig
 Verbeter betekenis
 Dra struktuur
 Toon eenvormigheid
 Verbeter geheue

Die voordeel van die Lees Deur Kleur® stelsel is:
 om leerders aan klankherkenning bloot te stel op ʼn vroeë ouderdom
 om woordbou te vergemaklik
 om woorbou begrip te verbeter
 om spel en skryf te verbeter
 om geheue te verbeter
 om leesvlotheid te verbeter

Ons het groen gekies vir die vokale/klinkers, tweeklanke en drieklanke omdat daardie
klanke die basis vorm van elke woord en groen ʼn kalmerende effek het wat dan lei tot
beter konsentrasie.

Ons het rooi gebruik vir dubbele konsonante/medeklinkers omdat dit stimulerend is en
die aandag fokus op die belangrikheid van saamgestelde medeklinkers.

Ons het blou gebruik vir lettergrepe omdat dit ʼn kalmerende effek het wat dan help met
vereenvoudiging van woorde.

Ons vlakke is glad nie gebaseer op graad of ouderdom nie.
Vlak 1 dui aan dat boeke fokus op klinkers, dubbelklinkers, tweeklanke en drieklanke.
Vlak 2 dui aan dat boeke fokus op saamgestelde medeklinkers wat voor en agter ʼn
woord voorkom.
Vlak 3 dui aan dat boeke fokus op lettergrepe.

Boeke kan indivudueel in ʼn stel van 3 boeke of ʼn stel van 6 boeke gekoop word.


Language:
Afrikaans
Curriculum Alignment:
Not Applicable
Publication Date:
2017-11-01
Grades:
R, 1, 2, 3
Audience:
Learners
Teachers
Parents
School Managers
SGB
Type:
Video
Categories:
Teaching Teacher training and support Learning material Subjects
Copyright:
Marlise Roberts owns all copyrights , and tradmarks to Lees Deur Kleur and its Product, Books, Videos and Education Box. ALLE REGTE VOORBEHOU: Die gebruik van hierdie leesstelsel is gepatenteer en geen gedeelte van hierdie boek of stelsel mag gebruik word, gereproduseer, of op enige manier of vorm elektronies, fotokopiëring, opname of andersins sonder die skriftelike toestemming van die skrywer of produsent.
Purchase Details
Stel van Drie boekies is R 290 Kontak LEES DEUR KLEUR vir pryse Epos ; leesdeurkleur@mail.com of leesdeurkleur@gmail.com Cell nr 073 757 7451
Average: 5 (17 votes)