HOUTBEWERKING Gr 11 K1 W7_2021
Die gehalte van jou werk hang nie net van jou vakmanskap af nie, maar ook van jou kennis van gereedskap en die toestand van hierdie gereedskap. Gereedskap word vir spesifieke doeleindes ontwerp, en enige gereedskapstuk moet vir sy doel gebruik word. Wanneer jy gereedskap verkeerd gebruik, kan jy hulle beskadig en loop jy en ander die risiko van moontlike beserings. Moenie gereedskap gebruik tensy jy opgelei is of geleer is hoe om dit veilig in te span nie, en sonder om te weet wat die beperkinge en gevare is wat met die gebruik daarvan geloop word nie.