Search for eResources by keyword

Via Afrika Geskiedenis Graad 11 Studiegids

Free

Inleiding tot Geskiedenis Graad 11
Wie is jy? Wat maak jy hier?
Waarheen is jy op pad? Hoe gaan jy daar kom?
Geskiedenis kan jou help om sommige van hierdie vrae te beantwoord.
Deur die verlede te bestudeer, kan ons leer hoe om in die hede te leef. Ons kan sien
watter foute gemaak is en ons kan verhoed dat hulle in die toekoms herhaal word. Deur
hierdie foute van die verlede te bestudeer, sowel as baie korrekte en moedige besluite
wat geneem is, kan ons beter verstaan waarom ons wêreld nou is soos dit is.
Geskiedenis is die studie van mense: beroemde mense, berugte mense en gewone
mense, en hoe hulle besluite en optrede vorm gee aan die toekoms. Die bestudering van
hierdie mense kan ons inspireer om ‘n meer aktiewe rol in die totstandbringing van ons
wêreld te speel en in ons strewe om ons individuele potensiaal te bereik. Geskiedenis
is ‘n opwindende en dinamiese vak. Bestudering van Geskiedenis kan ons help om die
verlede beter te verstaan en intelligent te kan saam praat oor wat in die wêreld gebeur.
Die geskiedenis omvat baie besonderhede, soos die gebeure, datums en name van
mense en plekke. Maar, wanneer jy Geskiedenis bestudeer, moet jy nie bekommerd wees
dat jy deur al die besonderhede oorweldig sal word nie. Probeer om die belangrikheid
van die groter prentjie te sien..


Language:
Afrikaans
Curriculum Alignment:
CAPS aligned
Publication Date:
2012-06-25
Grade:
11
Audience:
Learners
Teachers
Parents
School Managers
Type:
Digital document
Copyright:
Copyright: © Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring en herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Creative Commons License:
No votes yet