
Die Burger Jeugleierkonferensie
Die Burger Jeugleierkonferensie word jaarliks vir hoofleiers van Afrikaanssprekende skole uit die Wes-Kaap, Noord-Kaap en Oos-Kaap aangebied.
'n Ryke Tradisie
Die Burger-koerant, in samewerking met die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD), sal weer eens die 62ste jaarlikse jeugleierskapskonferensie vanaf 14 tot 16 Desember 2020 in Kaapstad aanbied. Gegewe die impak van die COVID-19-pandemie, sal die jeugleierskonferensie in 2020 ʼn virtuele aangeleentheid wees wat op vasgestelde tye tydens die bogenoemde datums sal plaasvind.
Skole word genooi om die verkose voorsitter en/of ondervoorsitter van die verteenwoordigende raad van leerders vir 2021 te nomineer om aan hierdie verrykende ervaring deel te neem. Die keuringskriteria is by die aansoekvorm ingesluit.
ʼn Oproep word op prinsipale gedoen om dit opreg te ondersteun en die jeugkonferensie moontlik te maak vir verkose leiers deur die skool se aanlyn geriewe, ʼn toeganklike lokaal met ʼn rekenaar met internetverbinding wat ʼn kamera, klank en mikrofoon insluit, beskikbaar te stel.
Die voertaal van die konferensie is Afrikaans (die taal van Die Burger-koerant) en alle aanbiedinge sal in Afrikaans plaasvind. Kandidate uit alle taalgroepe sal egter vir keuring oorweeg word indien hulle oor ʼn deeglike begrip en gebruik van Afrikaans beskik.
Daar word van gekose leerders verwag om voltyds by die konferensie, vanaf Maandag, 14 Desember 2020 tot Woensdag, 16 Desember 2020, in te skakel. Leiers kan dus nie gedurende hierdie tyd van die program verskoon word vir skool- of persoonlike verpligtinge nie.
Die aangehegte dokumente sal as die nominasievorm dien en moet volledig ingevul word. Skole is welkom om enige bykomende en gepaste inligting ter ondersteuning van die nominasie in te dien.
Nominasievorm
Die voltooide nominasievorms moet voor of op 06 November 2020 vir voorlegging aan me. Rosemary Swartz by [email protected] per e-pos gestuur word.
Datums
Let asseblief op die volgende belangrike datums:
Benoemings sluit |
06 November 2020 |
Finale keuringsproses: |
12 November 2020 |
Bevestiging van gekose groep in Die Burger |
14 November 2020 |
Virtuele Konferensie |
14 - 16 Desember 2020 |
Navrae
Skole kan enige navrae oor die konferensie aan die konferensievoorsitter, mnr.Barry Volschenk by selfoonnommer 082 376 4794 rig.
Do you have an educational app, video, ebook, course or eResource?
Contribute to the Western Cape Education Department's ePortal to make a difference.