HOUTBEWERKING Gr. 12 K1 W1_2021
Volgens die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid (WBV) (Wet 85 van 1993) word die term
‘veiligheid’ gedefinieer as ‘vry van gevaar’ en ’n ‘ongeluk’ word gedefinieer as ‘’n voorval wat
plaasvind weens en in die loop van ’n werknemer se werk en wat lei tot persoonlike besering, siekte of
dood van die werknemer’. Dit is ’n onbeplande en onbeheerde gebeurtenis wat plaasvind
as gevolg van ’n onveilige daad of onveilige werkstoestande. Beroepsgesondheid sluit
beroepshigiëne, medikasie en biologiese monitering in. Die WBV se doel is die beskerming van die
beroepsgesondheid van werkers asook hul reg om in ’n omgewing wat vry van gevare is, te werk. Dit is
elke werkgewer se verantwoordelikheid om die maatreëls toe te pas wat in die Wet gestipuleer word.
Hy of sy is verantwoordelik vir sy/haar eie veiligheid, asook vir die veiligheid van sy/haar werknemers of
kollegas.