GESKIEDENIS Gr. 11 Eenheid 1 - Die Pseudowetenskap van Ras en Sosial Darwinisme: Inleiding
Dit is ‘n oorsig van en inleiding tot die pseudo-wetenskappe van ras en Eugenika, die konteks waarin dit plaasvind en hoekom dit belangrik is om dit vandag in Suid-Afrika te bestudeer.
Al die eenhede bied die volgende aan:
‘n Video – les
Gedrukte hulpbronne vir die video-lesse (dit kan gebruik word met of sonder die video’s). Vrae word verskaf vir die leerlinge en ‘n lys van addisionele hulpbronne. ‘n Opvoedersgids wat addisionele informasie, vrae en voorgestelde antwoorde, bykomende idees vir verryking bevat. Die gids moet slegs deur die onderwyser gebruik word. Al die gedrukte material is ook in Engels beskikbaar.