Search for eResources by keyword

Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids

Free

Besigheidstudies is nie slegs belangrik wanneer jy iets soos besigheidsbestuur, finansies,
administrasie of bemarking wil gaan studeer nie. Dit sal jou ook in baie fasette van jou lewe
help en met watter beroep jy ook al wil inslaan.
Besigheidstudies sal jou help om:
 die uitwerking van veranderende en uitdagende omgewings op besigheidspraktyke te
 ontleed, bv. toenemende brandstofpryse en die invloed wat dit op besighede wêreldwyd
 het; en om dan strategieë te bedink om hierdie uitdagings te bowe te kan kom.
 ’n navorsingsinstrument te ontwerp en gebruik om behoeftes en begeertes te assesseer.
 kreatiewe denke aan te moedig om entrepreneursgeleenthede te skep, bv. om ’n
 roomysstalletjie op Margate se hoofstrand gedurende hoogseisoen oop te maak.
 data vir besluitneming te verwerk en te analiseer.
 ’n sakeplan te ontwikkel.
 die regsimplikasies van kontrakte te verstaan.
 die implementering van die Wet op Gelyke Indiensneming en arbeidswette te verstaan.
 ’n reeks bestuursvaardighede in al agt bestuursfunksies te kan toon en toepas:
 aankope, produksie, finansieel, bemarking, openbare betrekkinge, mesnlike
 hulpbronbestuur, inligtingsbestuur en algemene bestuur.


Language:
Afrikaans
Curriculum Alignment:
CAPS aligned
Publication Date:
2012-11-05
Grade:
11
Audience:
Learners
Teachers
Parents
School Managers
Type:
Digital document
Copyright:
Copyright: © Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring en herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Creative Commons License:
Average: 1 (3 votes)