GF Graad 1 Wiskunde LP Kwartaal 3 Week 3
Hersiening: Vaardighede en Kennis Getalle 1 tot 9
• Posisie van getalle (ordinale getalle): eerste, tweede, derde, vierde, vyfde, sesde,
sewende,agste...tiende.
• Vergelyk getalle: meer, minder, 1 meer, 2 meer,1 minder, 2 minder.
• Rangskik getalle. Kyk na die getalpatroon.
• Eenvoudige optelling en aftrekking tot by 9.
• Teen hierdie tyd behoort u kind instaat te wees om optelling, aftrekking en omgekeerde somme
te herken.
• Die oopgetalsin word bemeester in die proses waneer 7 – 10 aangeleer word.
Daaglikse oefening sal u kind se getalbegrip versterk en konsolideer.
• Tel voorwerpe tot by 30
• Tel vorentoe in 1e, 2e, 5e to by 30
• Tel terug in 1e, 2e, 5e vanaf 30
• Kombinasies tot by 9
• Vergelyk en orden getalle tot by 10
• Probleemoplossing tot by 10
Teling: Tel vanaf 1 – 40: in 1e, 2e en 5e (vorentoe en terug)
Tel voorwerpe tot 30 in 2e en 5e. Tel terug in 2e van 30.
Vra ten minste 5 hoofreken vrae per dag: (Assesseer u kind se hoofreken vaardighede)
• Watter dag is vandag?
• Hoeveel dae in 2, 3 skoolweke?
• Ses en 2 meer is? Ag en 2 minder is?
• Ses van ag blomme is rooi. Hoeveel is pienk?
• Twee minder as 6 is? Ek het ses - 2 minder is?
• Verdubbel 5; 4; 3; 2 ___.
• Tel in 2e: 16, __, ___,22
• Wat kom na Sondag?
• Watter dag was gister?
• Die helfte van 8 en 2 meer is?
• In watter maand is ons?
• 2+2+2+2=
• Ag en 4 minder is.
• Hoeveel groepe van 5 in 10?
• Hoeveel vingers het 3 kinders aan hul linkerhande altesaam?
• As twee vriende 9 lekkers het .Een het 3, die ander het?
• Watter getal is tussen 4 en 8?
• Ag is hoeveel minder as 10?
• ‘n Sjokolade kos R9. Ek het R6. Hoeveel geld het ek nog nodig om sjokolade te koop?
• Ses is hoeveel minder a 9?
• Deel 6 lekkers tussen 2 vriende. Elkeen kry __.
• Hoeveel oë het ag kinders altesaam?
• 9 = 3+3+__
Vergelyk getalle. Gebruik die getallelyn
9 is hoeveel meer as 7?__________
4 is hoeveel minder as 7? ___________
7 is hoeveel meer as 5? ___________
7 en 3 minder is __________
4 en 3 meer is __________
Hoeveel huise?_________
Dankie dat u u kind tuis ondersteun. Die bemeestering van Wiskunde vereis
goeie begrip. Gaan voort om u kind te vra oor wat u kind tot op hede geleer het.
Goeie verhoudings sal vertroue opbou en ‘n liefde vir leer stimuleer.
Do you have an educational app, video, ebook, course or eResource?
Contribute to the Western Cape Education Department's ePortal to make a difference.