MTBBE - Wat is tweetalige onderwys?
Twee-/veeltalige onderwys behels die gebruik van twee of meer tale van leer, onderrig en assessering (LOLTA). Twee-/veeltalige onderwys word bepaal deur die Suid-Afrikaanse Taal in Onderwysbeleid (1997) wat skole aanmoedig om meer as een LOLTA te gebruik. Die doel van twee-/veeltalige onderwys is vir kinders om hoogs vaardig te word in meer as een taal. Daar is verskillende vorme van hierdie tipe onderwys. Soms word dit 'tweetalige onderwys' genoem en soms ‘meertalige onderwys’. Ons gebruik 'twee-/veeltalige onderwys' om te wys dat meer as een taal in dieselfde skool of klaskamer gebruik kan word.
