Search for eResources by keyword

Biography of Mr. Isak J Ockhuis

Biography of Mr. Isak J Ockhuis
Principal & Multigrade Educator

About Mr. Isak J Ockhuis:

My naam is Isak Ockhuis. Ek onderrig Gr 4 tot 6 Multigraad by Berghof Primêre Skool in die Weskus Onderwysdistrik naby Porterville en is ook die Skoolhoof by die skool.

Ek is my hele onderwys loopbaan van 32 jaar in Multigraad – ‘n dissipline wat ek in ‘n oogknip weer sou kies indien ek so ‘n keuse gegee sou word. Ek is passievol oor Multigraad onderrig en streef daarna om plaas leerders die geleentheid te gee om te droom en hul volle potensiaal na te streef. Ek is tans die Koördineerder van die Multigraad skole se “Communtity of Practice” (COP) van die Kring Prinsipale Forum in Kring 2 en het verskeie werkswinkels binne die Kring se Multigraad PLG asook sessies van die Weskus Onderwys distrik se IMSA (Integrated Multigrade Support Approach) aangebied. Ek was vanaf 2017 tot 2021 deel van die Multigrade Reference group en het die Weskus Onderwys Distrik se Intermediere Fase opvoeders op die platform verteenwordig.

Ek beskou myself as ‘n lewenslange leerder wat altyd bereid is om te leer en om geleer te word deur van ander te leer. Ek gebruik hierdie leer moment en pas dit aan vir my Multigraad opset en gebruik dit in my klas. My wil om te leer word weerspieël in my verwerwing van verskeie kwalifikasies nadat ek my BA Graad (1989 - 1991) en Onderwys diploma in 1992 by Universiteit van Wes-Kaapland behaal het. Verdere professionele opleiding sluit in : ‘n Gevorderde sertifikaat in Onderwys (ACE) in Natuurwetenskap – 2006 by Universiteit van Kaapstad, ‘n Gevorderde sertifikaat in Onderwys (ACE) in Skoolleierskap by Universiteit van Stellenbosch in 2014 en Gevorderde Diploma in Wiskunde ( Intermediere Fase onderrig) - Cum laude in 2019 ook by Universiteit van Stellenbosch.

My werksetiek is gebasseer op 2 eenvoudige beginsels:

  • Eerstens : die woorde wat die gewese President van Malawia, Oud President Joyce Banda in haar toespraak op die begrafnis van Nelson Mandela gebruik het : Sy het gesê– “I’ve learned (from Nelson Mandela) that leadership is about falling in love with the people you serve… and they falling in love with you”. Vandaar die liefde vir Multigraad en Multigraad leerders.
  • Tweedens : die woorde van Mnr Billie Claasen Executive Director: Rural and Farmworkers Development Organization - Hy het gesê : “Kom laat ons die swaar kry …. met lekker kry…. klaar kry!”

Presentation