Search for eResources by keyword

Biography of Ms. Chane De Kock

Biography of Ms. Chane De Kock
Educator

About Ms. Chane De Kock:

My naam is Chané de Kock. Ek is ʼn 29-jarige Intermediêre Fase opvoeder (graad 4–6). Ek is baie gelukkig getroud en ʼn mamma van 2 pragtige kindertjies (4 en 1). Ek is woonagtig in Barrydale, dis sowat 250km van die Kaap af. Ek is gebore en het groot geword in Brackenfell, Noordelike voorstede (Kaapstad). Ek werk by Lemonshoek NGK primêre skool. Ek is passievol oor my werk en streef elke dag daarna om ʼn verskil te maak. Ek is tans in my 7de jaar van onderwys, maar het al 11 jaar ondervinding om met kinders te werk. My motto in die lewe: Jy bepaal jou eie omstandighede. Al gaan jy deur ʼn moeilike tyd, daar sal ALTYD iemand anders wees wat dit bietjie erger het as jy, so daar sal altyd iets wees om voor dankbaar te wees. Ek streef daarna om alles wat ek doen en aanpak, suksesvol deur te sien. Probeer is die beste geweer.

Presentation