Biography of Elicha Theron
Presenter for Afrikaans Home Language

Elicha Theron


About Elicha Theron

Ek is 34 jaar oud en is tans ’n Gr.1 opvoeder te Alpha Primêr-Morningstar, Durbanville. Alpha Primêr is deel van Metro-Noord en geleë in Kring 7. Hier hou ek skool vanaf 2017 en is nog hard besig om ’n verskil te maak.

Ek het matrikuleer in 2007 te Hoërskool Vredenburg waar ek daarna dadelik my padjie begin loop het in die onderwys. Ek het studeer by CPUT Wellington en het my B.Ed Grondslagfase Graad in 2011 met Cum Laude verwerf. Ek was al bevoorreg genoeg om by 4 skole werkend te wees, waarvan een in die Weskus, en die verskil in opsette te kon beleef. My droom om onderwyseres te wees het op die ouderdom van 5 jaar begin en ek is nie vir ’n dag spyt nie.

Ek het al as koördineerder op verskeie komitees gedien. Tans is ek die leier van die skool prefekte komitee, ek is die SAOU verteenwoordiger en ek dien ook op die Persoonlike Ontwikkelingspan. Ek organiseer meeste van die skool se spesiale geleenthede. Ek is deel van die Community Keeper span en is deel van die skool se landlope wat sport betref. My grootste sukses tot dusver behaal is om gekies te word as die “Lead Teacher” vir die FUNDA Wande Program vir Kring 7. My pligte behels die orginisering van PLC geleenthede, seker te maak dat opvoeders hul leermateriaal ontvang en leiding te gee oor die program waar nodig. Ek is in ekstase en geniet elke oomblik daarvan, omdat ek fanaties oor die program is en die vordering van my leerders elke dag beleef.

Tussen Juffrou wees is ek getroude vrou en die ma van ’n ongelooflike 4 jarige seuntjie. Ek geniet die buitelewe en is versot oor die see. Ek hou van aktief wees deur graag te draf of skopboks te doen. Ek sal nie deur ’n dag kan kom sonder koffie nie en as ek 5 minute rustig kan wees trek ek ’n boek nader. Ek is mal oor mense en as ek iemand se dag op ’n manier kan opkikker het ek sukses behaal!


Elicha Theron's Presentation

Click on the presentation below to read it and download it.


'n Fees met Klanke en Lees!

This presentation was used as part of the 2023 Foundation Phase Conference held from 3 - 4 October 2023.