Biography of Michelle Stieger
Presenter

Michelle Stieger


About Michelle Stieger

Michelle Stieger is 25 jaar oud en werk tans by die Overberg onderwys distrik. Haar pad om hier te kom was baie opwindend en lyk só:

Michelle het groot geword in De Doorns en het in 2015 gematrikuleer te Worcester Gimnasium. Sy het nog altyd 'n passie en liefde vir kinders gehad, maar wou nie 'n onderwyser word nie. Na baie skaduwerk het sy besluit om arbeidsterapie te studeer. Tydens haar studies het sy passie ontwikkel vir hande terapie en trauma. Haar finale jaar tesis, het op ‘n tema van kinderhuiskinders se welstand en emosionele ontwikkeling gefokus. Dit het weer haar fokus terug gebring na kinders en hoe sy eendag ‘n verskil wil maak in kinders se lewe. In 2019 ontvang sy haar BSc Arbeidsterapie graad by die Universiteit van die Weskaap.

Michelle het haar gemeenskapsjaar in 2020 te Kakamas voltooi. Sy het haar man daar ontmoet en besluit om in die Noord-Kaap aan te bly. In 2021 begin sy haar eie praktyk in Upington. Sy het ook gelocum vir Karsten Boerdery en het gefokus op hulle crèche en nasorg programme op twee van hul plase genaamd Raap en Skraap en Klein Pella. Sy het verdere kursusse in pediatrie en volwasse hande terapie gedoen.

Na 'n wilde covid rit begin sy in Sept 2022 by die Overberg Onderwys distrik as arbeidsterapeut as deel van die inklusiewe onderwysspan. Tans fokus sy op die graad R en graad 1 leerders by die voldiens en inklusiewe skole. Dit sluit skole van Barrydale, Struisbaai, Napier tot by Riviersonderend in. Sy werk ook met die hulpbronklas leerders en help met hulle uitgang planne vir na skool. Sy werk ook met die jaar 1 en jaar 4 leerders by Agulhas Vaardigheid skool waar sy baie fokus op hulle skaduwerk en planne vir na skool.


Michelle Stieger's Presentation

Click on the presentation below to read it and download it.


Perseptuele vaardighede - Die boustene vir lees

Hierdie aanbieding is gebruik as deel van die 2023 Grondslagfase-konferensie wat van 3 - 4 Oktober 2023 gehou is.